Aya Irene

Die Aya Irene in 2007.
Die apsis van die kerk.

Die Aya Irene of Eirene (Grieks: Ἁγία Εἰρήνη, "Heilige Vrede"; Turks: Aya İrini) is ’n eertydse Ortodokse kerk in die Eerste Binnehof van die Topkapı-paleis in Istanboel, Turkye. Dit is ’n museum, maar spesiale toestemming is nodig om dit te besigtig.

Dit is die eerste kerk wat in Konstantinopel gebou is. Die Romeinse keiser Konstantyn die Grote het die eerste Aya Irene in die 4de eeu laat bou. Dit het in 532 tydens onluste afgebrand. Keiser Justinianus I het dit in 548 laat restoureer.

In die 8ste eeu is dit erg in ’n aardbewing beskadig, en dit is daarna gerestoureer tot sy huidige vorm. Ná die verowering van Konstantinopel in 1453 deur die Ottomaanse sultan Mehmet II, is die kerk binne die mure van die Topkapi-paleis toegebou.

Vandag word die kerk hoofsaaklik gebruik vir musiekuitvoerings vanweë sy besonderse akoestiek en indrukwekkende atmosfeer.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search